OK ek erken. Ek is heeltemal "ga-ga" oor die idee om 'n ou hout leer 'n tweede kans in die lewe te gee. Ek sê: "Skroef hom vas, maak hom reg en gee hom weer 'n nuwe baadjie."
In my kop het 'n ou hout leer soveel verhale om te vertel as hy net kon praat, so hoe kan mens nou so 'n oulike item weggooi?
Kyk die mooi fokuspunt. Jou verbeelding kan regtig weghardloop met jou oor wat alles daarop geplaas kan word.