1 kg pruime
1 kg suiker
30 ml suurlemoensap
Sit 'n paar pierings in deepfreeze.
Was pruime, sny middeldeur en haal pitte uit.
Plaas in groot glasbak en sprinkel sap oor.
Mikrogolf vir 8 minute of tot sag.
Voeg suiker by en roer deur tot op gelos.
Mikrogolf by volle krag vir 20 - 30 minute en roer geereeld.
Toets na 20 minute deur 'n bietjie stroop op koue piering te sit en laat koud word. Druk met jou vinger aan die stroop en as dit so rimpel is die konfyt reg.
Indien nie mikrogolf weer vir 'n minuut en toets todat dit rimpel.
Laat bietjie afkoel en en skep in gesteriliseerde bottels.
Draai bottels toe.