Wednesday 14 December 2011

Melktert Vulsel

Annette Schutte se resep:
 
Hierdie vulsel is heeerlik..
Karringmelktert vulsel:
Bestanddele:
2 koppies Karringmelk ‘n Knypie Sout
1 koppie Suiker Geur na smaak
4 gelyke eetlepels Meelblom 2 eetlepels Botter
Geel van 3 Eiers

Metode:
Klits die geel van 3 eiers en een wit goed tesame,maak vulsel op gewone manier klaar. Klits nou wit van een eier goed styf en vou in die vulsel in. Gooi dadelik in die uitgevoerde tertbord(e) en bak dadelik.