Thursday 8 December 2011

Kroringslaai

Lorinda Maritz
 
Daar word gesê jou braai sal onvolmaak wees sonder hierdie heerlike koringslaai.
325ml koring 1 groen rissie
1 klein ui ½ blikkie ingelegde perskes

SOUS
250ml tamatiesous 125ml olie
125ml suiker 7ml kerriepoeier
5ml borrie.

Meng alle sous bestanddele tot goed gemeng. Kook koring, meng dit met rissie, uie en perskes, voeg sous by. Plaas in yskas. Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder word dit.