Thursday 15 December 2011

Karringmelk skons

Corne van Zyl se resep

Nog 'n HEERLIKE resep


Bestanddele
2 Kop meel
4 ½ tl bakpoeier
¾ t sout


2 eiers
2 eetlepels suiker
2 eetlepels margarien
1 kop dikmelk

Sif droë bestanddele saam. Sny botter in. Voeg suiker by en meng. Klits eiers en voeg by die droë bestanddele. Voeg die Karringmelk by en meng goed. Bak 10 – 15 min teen 200 0 C

Dit is ‘n heerlike sagte skon. In plaas van Karringmelk het ek ongegeurde jogurt gebruik en dit was nou eers lekker!