Thursday 15 December 2011

Kaas en uie potbrood resep




















1 kg brood deeg , self geknie of sommer spar sin,
1 pakkie bruin ui sop,
1 groot heel uit fyn gesny

1/2 koppie cheddar kaas.
Meng sop en uie deur die deeg, dit is nogals morsig so sit botter aan jou hande, as dit goed deur gemeng is breek ...bolletjies af en sit dit in jou swaarboom pot (wat vet/botter gesmeer is). Wanneer als in is sprinkel jy die kaas oor, asook die uie wat nog in die bak agtergebly het. Sit deksel op bak in voorverhitte oond teen 200 grade vir 30 minuute en haal dan die deksel af en gril dit vir 'n verdere 5 minuute ( tyd mag verskil oor ek by die kus bly en elke oond anders bak)