Sunday 4 December 2011

Gemmerkoekies

(Santi van der Merwe se resep)

8 k (1kg) meelblom
250 g (1/2 pd) botter
1 k suiker


1 eier
500 g (1 pd) goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
1/2 k melk
1/2 t sout

    * Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik Voeg die goue stroop by.
    * Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.
    * Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladde stywe deeg vorm.
    * Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat.
    * Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F).
    * Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies