Monday 5 December 2011

BAL VERSIERINGS


















Jy benodig:
klein ballonne
kombuistou (omtrent 5 m per bal)
spuitverf in die kleur van jou keuse
glinsterstrooisel
silwer gare
houtlym
klein verfkwas
spuitgom
tappenstok
wasgoedpennetjies

Blaas die ballon op sodat dit net kleiner as jou vuis is. Verdun die houtlym met 'n bietjie water in 'n bakkie.

Plak die punt van die tou met 'n bietjie lym aan die ballon vas en druk dit met jou vinger vas. Draai die tou eers vertikaal om die ballon en dan horisontaal. Draai dit om die ballon se knoop om van rigting te verander. Hou aan tot driekwart van die ballon toe is.
Knip die tou af en steek die los punt onder die gedraaide tou in. Verf die lym met jou kwas oor die hele ballon aan.

Hang 'n tappenstokkie tussen twee punte en knyp die ballon met 'n wasgoedpennetjie daaraan vas. Laat oornag droog word.

Prik die ballon om dit te laat bars en trek die stukkende ballon uit die bal. Gebruik 'n tangetjie as jy sukkel om dit uit te kry.

Spuitverf die bal om by jou kleurskema te pas. Maak seker die binnekant word ook gespuit. Laat heeltemal droog word.

Spuit gom oraloor die bal - dis sodat die glinsterstrooisel daaraan sal vassit.
Werk oor 'n vel papier en strooi glinsterstrooisel oor die bal. Tik die bal liggies sodat die los strooisel kan afkom. Ryg 'n stukkie silwer gare deur die bal en knoop dit bo sodat jy die bal aan jou boom kan hang.

Rol die vel papier waarop jy werk as jy die glinsterstrooisel oorstrooi, in 'n tregter op en gebruik die oortollige strooisel vir die volgende bal.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared