Thursday 8 December 2011

Bacon Kips Happies

Dankie Lorinda Maritz
 
(vir southappies)

Bestanddele
1 Pak Bacon Kips (moenie goedkoper alternatief gebruik nie, dit raak pap!)
1 Pak Sout en Asyn Chips of enige geur van jou keuse of fyn biltong
Gesnyde Bruin Brood (ek het al wit brood ook gebruik)
Margarien
Bovril of Oxo of Fray Bentos of Marmite
Metode
Maak die chips fyn.
Meng genoeg margarien en een van die smere na smaak.
Neem brood en druk met ronde vorm, sirkels uit, groot genoeg om op Bacon Kips te pas.
Smeer sirkelbroodjie en plak die verkeerde kant van die Bacon Kip.
Versier bo-kante & sykante van die broodjie met margarien mengsel.
Probeer die Bacon Kip skoon te hou.
Strooi die gesmeerde deel met fyn chips of biltong
Hierdie sout happie is beslis 'n wenner.

variasie is om bacon kip tussen 2 broodjies te plak en dan in chips te rol - dan as jy byt is die Bacon kip binne tussen die broodsirkels