Tuesday, 29 November 2011

SUURLEMOEN YSTEE

(Cindy Beukes Opperman)

Maak 5 liter en neem net 10 min om te maak:

5L Kookwater
20 rooibos teesakkies

200-300 ml bruin suiker
225 ml suurlemoensap

Laat trek teesakkies in die kookwater tot dit sterk is. Dreineer en roer die suiker by.
Laat dit afkoel en roer die suurlemoen sap by. Verkoel tot benodig.