Tuesday, 1 November 2011

Justicia Brandegeana / Shrimp Plant

Hierdie plant dra die pragtigste roesbruin skakerings van blomme vanaf lente regdeur die somer.  Syvolksnaam” is die “shrimp-plant”. 

Dis ‘n bladhoudende struik wat nogal wyd sprei, maar nie baie hoog word nie en word bestempel as,“cold and frost hardy”.  Plant in ‘n sonnige plekkie in jou tuin.  Namiddag skadu of ‘n plekkie onder ‘n boom, waar hy ook son sal kry, is heel reg vir die plant.  Hy floreer in omtrent enige tiepe grond.