Thursday 24 November 2011

ADVENTSKRANS







Benodighede:

‘n Oase-ring
Verskeidenheid groen takkies
Goue kersballe
4 Wit kerse


4m Groen lint, in vier stukke verdeel
Rooi lint vir strike
Bloemistedraad

Bereid die oase-ring soos volg voor:

Maak die oase goed nat.

Maak merke in die oase regoor mekaar sodat dit onderverdeel is in vier ewe groot dele. Dit is die merkies waar die kerse ingesteek moet word.

Maak merkies presies halfpad tussen die vorig merkies en maak die groen lint waaraan die krans gaan hang op hierdie plekke vas deur dit om die oase te knoop.

Die oase is nou gereed om versier te word.

Druk die kerse in posisie in die oase.

Verdeel die groen takkies in kort lengtes van ongeveer 10 tot 15cm. Druk dit reg rondom in die oase, sodat die oase nie sigbaar is nie. Knip takkies met rooi bessies in lengtes van ongeveer 10cm en druk dit tussen die blare in die oase. Indien rooi bessies nie beskikbaar is nie, kan ander bessies rooi gespuit word.

Versier die krans met goue balletjies en ander versierings soos verkies.

Maak vier strike van rooi lint. Knip stukkies bloemistedraad ongeveer 10cm lank. Draai die bloemistedraad om die strike en druk die punt van die draad in die oase.

Bind die vier lang stukke lint aan die bopunt aanmekaar vas en hang die Adventskrans daaraan op.

Bron:  Facebook / In en om die huis member shared