Wednesday, 12 October 2011

Geen mistletoe - maak 'n plan...


In SA is die “mistletoe” nie eintlik ‘n plant wat floreer in alle areas nie, so as jy soek vir ‘n alternatief, kyk na die loerierboom.  Kyk net die oulike bordversierings wat met ‘n takkie loerierblare en roosmaryn gemaak is vir ‘n kerstafel.   
Hierdie versierings hoef nie agterna in die drom te beland nie.  Jy kan die blaartjies na die funksie afbreek en droog om weer te gebruik in die kombuis. 

WENK:  Onthou dat lourierblare help om klein wit motte te verdryf.  ‘n Loerierblaar elke meter of so in jou kombuiskas sal ook help om miet uit die kaste te hou.