Wednesday 21 September 2011

Vrugtefees piekniek

Feestelike idee:  ‘n Heerlike idee vir ‘n somer piekniek is ‘n regte egte vrugtefees.  
In my kinderjare het ons nog ‘n vrugtefees gehad by die Sondagskool en dit was ‘n heerlike dag.  Daar was ‘n oorvloed van vrugte en ons het mekaar later met waatlemoen skille gesmeer, maar dit was als deel van die heerlike onskuldige pret, want wat kan water en seep dan nou nie skoon was nie……Pak al die vrugte in waarvan julle hou:  heerlike waatlemoen, druiwe, spanspek, perskes, aarbeie en appels om maar ‘n paar idees te gee.