PIESANG-KONDENSMELKTERT
1 pak tennis beskuitjies
500 ml melk;
2 e hoogvol vlapoeier
kwart k suurlemoensap
2 e suiker
2 piesangs, in skyfies gesny;
1 blik kondensmelk
Maak dik vla van melk, suiker en vlapoeier. Voeg piesangs by vla. Giet warm vla oor beskuitjies. Klop kondensmelk met sap styf en gooi bo-oor. Laat goed koud word, verkieslik oornag