Monday, 12 September 2011

HOENDER BRIYANI

40 ml olie
... 30 ml brijanimasala
2 kaneelstokkies
5 steranys
3 kardemompeule, ge kneus
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
5 uie fyngekap
5 cm stuk vars gemmer geskil en gerasper
3 knoffelhuisies gekap
1 groen soetrissie gekap
3 ryp tamaties , ontvel en gekap
50 ml gekapte koljanderblare
1.5 kg hoendestukke kleiner gesny
sout en varsgemaalde swart peper
500 ml water
500 ml rou rys
3 ml borrie
250 ml gaar lensies
botter

Verhit olie en braai al die spesery oor matige hitte tot geurig. Voeg uie, gemmer en knoffel by en sorteer tot uie sag is. Voeg soetrissie, tamaties, koljanderblare, hoender en sout en peper by. Sit deksel op en prut vir 30min oor lae hitte.
Verhit water tot kook punt. Voeg rys en borrie by geur met sout en kook tot rys amper gaar is. Roer lensies by
Voorverhit oond 120¤ C
Pak lae rys en hoender mengsel in oondbak, stip met botter. Maak dig toe en bak 30 tot 40 minute.