Thursday 22 September 2011

Helene Se Spesiale Koekies











Die resep maak baie koekies, maar jy kan oorskiet deeg in yskas hou vir 'n lang tyd en dis altyd handig as die kleintjies woelig raak.  

1 pak of 1kg cookie mix
1pak of 500g botter
3/4 eetlepels water

sjokolade smeer
sprinkels van enige aard

1. Voorverhit oond tot 200
2. Klits botter in 'n mengbak tot sag en donsig
3. Voeg cookie mix stadig by en hou aan klits
gooi water bietjie vir bietjie by tot 'n lekker sagte maklike hanteerbare deeg vorm.
4. Druk vormpies uit en bak vir 10 tot 15 min in die oond.
koel af.
5. Smeer met sjokolade smeer en gooi enige sprinkels oor vir die lekkerte
6. Wees voorberied vir 'n lekker gemors, maar ai die kleintjies luuuuv dit!