Tuesday 23 August 2011

Vinnige vrugtekoek – mikrogolf























1) Meng die onderstaande bestanddele in 'n groot glasbak.

* 125 g margarien / botter
* 500 g bakmengsel
* 250 ml suiker
* 375 ml water

* 5 ml koeksoda

Mikrogolf die mengsel 10 minute lank by volle krag. (100%).
Roer goed en laat afkoel.

2) Voeg 25 ml brandewyn by.
3) Klits 2 eiers en voeg by die mengsel bo.
4) Sif die volgende bestanddele tesame:

* 500 ml koekmeel
* 10 ml bakpoeier
* 5 ml gemmer
* 2.5 ml kaneel
* 2.5 ml gemengde speserye
* knippie sout

5) Voeg die volgende by die meelmengsel en meng goed:

* 100g gekapte kersies
* 60g gekapte pekanneute

6) Meng die meelmengsel en vrugtemengsel.

7) Gooi die deeg in 'n gesmeerde mikrogolf-ringkoekpan met 'n deursnee van 22 cm en 'n diepte van 8 cm. Mikrogolf vir 20 - 22 minute by medium krag (70%).
Laat die koek 10 minute in die bak afkoel. Keer op 'n afkoelrak uit.

8) Gooi 125 ml brandewyn oor die koek.

9) Wanneer die koek koud is, draai hom in foelie toe. Die koek hoef nie soos ander vrugtekoeke 'n maand lank te mature nie. Jy kan eintlik dadelik wegspring en eet.


WENK:
Die koek kan met die volgende sous bedien word:

* Meng 60 ml sagte botter (met ander woorde, by kamertemperatuur) en 30 ml (2 eetlepels) bruinsuiker vinnig met 'n teelepel – sodat dit goed meng.
* Voeg 15 ml brandewyn by en meng.
* Skep in 'n bakkie en dien op saam met die gesnyde vrugtekoek.