Thursday, 11 August 2011

PATATS





















WENKE:
• Patat kan byna net soos aartappels berei word en hoef nie noodwendig geskil te word voordat jy dit gaarmaak nie. Dit kan gekook, gestoom, gesmoor, gebraai of gerooster word.

• As jy patat vars koop, kan jy dit vir tot sowat twee weke in 'n donker, goedgeventileerde plek bewaar.

• Koop patat wat ferm en hard is en 'n gladde voorkoms het. Maak seker daar is geen merke of kneusplekke op die skil nie.

• Patat is lekker in sop, roerbraaigeregte, as pizza-bedekking of om 'n doopsous van te maak. Dis ook heerlik as skyfies en in brood, koek of muffins.