Thursday 11 August 2011

ONTBYT “MUFFINS”


















Roline het hierdie heerlike resep met ons gedeel

ONTBYT “MUFFINS”

• 3 eetl botter, gesmelt
• 8 snye wit of bruin brood
• 6 stukkies bacon
• 6 groot eiers


• Sout en peper

Voorverhit die oond na 190°C.
Smeer 6 holtes in ‘n standard grote muffin pan met botter of spuit met kleefwerende sproei.
Gebruik ‘n koekroller om die brood effens plat te rol.
Gebruik ‘n koekiedrukker of bakkie van 11cm om sirkels uit die brood te druk.
Sny elke sirkel in die helfte en pas in die gesmeerde holtes.
Maak seker die onder kante oorvleuel en dat die rande tot heel bo by die rand van die pannetjie kom. Gebruik ekstra stukkies brood om enige gate of skeurtjies reg te maak.
Borsel gesmelte botter in die binnekant van die brood bakkies.
Braai die bacon in ‘n pan tot amper bros. (Dit sal in die oond verder braai).
Plaas een stukkie in elke holte.
Breek een eier bo-oor elke stukkie bacon. Geur met sout en peper.
Bak tot die wit gestol is, ± 20 – 25 minute.
Gebruik ‘n klein messie om die kante los te maak en lig uit die pannetjie.
Bedien dadelik.

*Ek het bietjie kaas onder in elke “muffin” gesit, maar moet sê, ek het dit nie eers geproe nie. Sal dit volgende keer eerder bo-oor strooi.
*Die bacon is bietjie “chewy”. Klein kindertjies kan dalk daarmee sukkel. Wil volgende keer strokies ham prober. Of selfs van sauna se gunsteling worsies in strokies gesny.
*BREEK ELKE EIER EERS IN ‘N BAKKIE. Na jy al die moeite met die brood en bacon gedoen het wil jy nie ‘n vrot eier oor dit breek nie.
*Die baktyd op die resep is bietjie lank. Ek sal sê so 10 – 15 minute vir sagte geel. En so 15 – 20 minute vir gestolde geel. Hang maar van die oond af, hou dit maar net dop en haal uit soos jy daarvan hou.
*Vir kinders sal ek die geel eerder goed laat stol, net om seker te maak vir siektes ens.
*Ek is seker mens kan lekker met die “vulsels” saam met die eier speel. –gebraaide uie en sampioene. –stukkies gesnipperde ham. –tamatie blokkies. –gesnipperde bacon. –fyn gekapte soet rissie. –fyn gekapte chillies, ens. Onthou net om die holte nie te vol te laai nie, jy moet nog ‘n eier daar in kry!

Baie lekker Sondag oggend happie of vinnige aandete vir kleintjies!