Friday 19 August 2011

Klippie-Tuin goggas wat jy self verf

Toe ek hierdie foto in ‘n tydskrif sien, het ek gedink dis nogal ietsie vroliks vir ‘n lente tuin.  Hierdie goggatjies is gemaak van ou “bowling balls”, maar nie almal van ons het altyd so iets wat rondlê om te kan versier nie.   So ons idee is: 
Hierdie September vakansie as jy dalk langs die see of ‘n rivier rondloop, kyk uit vir ‘n gladde spoelklippie of twee wat dalk net die regte vorm het.  Liewenheerbesies vir jou tuin is nie noodwendig koelrond nie, so hy kan maar bietjie platter wees.  Verf hom dan net soos op die foto en gebruik in jou lentetuin as versiering ………….dalk by jou potplante……of erens in die voortuin tussen die lente blommetjies?