Monday 22 August 2011

Wit en rooi vir 'n somerskersfees


Hier is inspirasie vir ‘n somer kersfees tafel.  Traditionele kleure van rooi en groen, maar meestal rooi en wit, om dit ‘n ligte gevoel te gee vir die somer.   
Gewone items (elke dag verkrygbaar) kan gebruik word om die tafels te versier.  Kyk wat is in jou kaste en gebruik dit.  Sit dan net hier en daar ‘n tikkie kersfees “detail” by.  (bv. kaneelstokkies of ‘n kersboom takkie met ‘n lint saamgebind.  ‘n Kersversiering of dalk ‘n kersboom glasbal kan by die servette gesit word.  )  Gebruik kerslint dalk as afronding of voeg nog een of meer kersfees tema items by om die tafel op te vrolik. (bv. kersfees tema opskep lepels, glase, bekers…)  Gewone rooi lint met ‘n dennebol en kersboom takkie gebind aan ‘n stoel, maak ‘n pragtige en goedkoop kersversiering.