Wednesday 10 August 2011

Kerriepot













Jy benodig (vir 6 mense)
  • ½ koppie olyfolie
  • 1 skaapboud, in blokkies gesny
  • 4 middelslag uie, in groterige blokkies gekap
  • 10 kardamomsade
  • 3 heel stukke steranys
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 lourierblare
  • 1 teelepel borrie
  • 1 eetlepel sterk kerrie, of 1½ eetlepels milde kerrie
  • 2 eetlepels rooiwynasyn
  • 10 aartappeltjies, geskil
  • ’n bakhand sultanas
Só maak jy
1 Sodra jou potjie goed warm is, braai die skaapboudblokkies en uie tot bruin.
2 Dun die hitte effens uit en voeg die kardamomsade, steranys, kaneel en lourierblare by. Roer deur en laat die vleis vir sowat 5 minute gewoond raak daaraan.
3 Sit die kerrie en borrie eenkant in ’n houer by die asyn, meng goed, en voeg dan by die skaapboudblokkies en uie.
4 Sit die aartappels bo-op.
5 Voeg ’n koppie kookwater by, sit die deksel op en laat prut vir ’n halfuur.
6 Voeg die sultanas by. As dit lyk of die vloeistof min raak, kan jy nog ’n bietjie kookwater bygooi.
7 Inspekteer jou hitte en vul aan indien nog. Laat die potjie nog sowat 10-15 minute lank prut.
8 Roer nou behoorlik deur en haal die potjie van die hitte af. Laat staan vir 5 minute sodat alles goed kan deurtrek.
WENK: Bedien saam met Basmati-rys, en hou bakkies blatjang, gekapte tamatie, piesangstukkies en klapper byderhand sodat almal gedurig daaruit ’n bietjie kan aanvul