Thursday 4 August 2011

Gladiolus / Swaardlelie

Hierdie pragtige blomme wat soos lang swaarde vertoon in die tuin is beskikbaar in enige kleur onder die son (behalwe natuurlik blou). 
Hulle kan in potte geplant word en hou van volson.  Indien heelwat wind voorkom, onthou om hulle vas te maak, anders sal die wind hul omwaai.  Jy kan vanaf einde Julie (SA landswyd) begin om hulle te plant.  Plant so elke twee weke ‘n klompie sodat jy ‘n opeenvolgende vertoning van hierdie statige blomme in jou tuin kan hê.  (Hulle neem so ± 80 dae nadat hulle geplant is, om te blom.)