Friday 5 August 2011

Funksie Dankie-sê idee

So jy het ‘n kombuistee een van die dae wat jy dalk self moet reël – ietsie elegant – en jy het geen idee van wat om met die buffet tafel te doen wat …..wel anders is nie…..?  Jou ma word 50 en sy nooi haar vriendinne vir ‘n oggend tee, maar hoe kan jy die gaste bietjie aan die praat kry ……?  Wel ons het ‘n oulike idee wat vir altwee kan werk.
Maak jou eie marmalade van sitrusvrugte uit jou tuin (resep op ons blog) of enige konfyt wat jy weet ‘n staatmaker is.  Bottel en sit etikette om die botteltjies met ‘n dankie boodskappie en die resep daarop gedruk.  Plaas op ‘n oulike koekstaander en gebruik as fokuspunt vir die buffet.  Blommetjies tussen in en 'n mooi rangskikking bo in die glaspot sal dit verder mooi afrond.