Tuesday 23 August 2011

Fuchsia

Hierdie struik kan ‘n pragtige vertoning gee met ‘n oorvloed blomme wat mens herinner aan tuinfeetjies.  Beskikbaar in ‘n oorvloed van pragtige kleure.  In SA sal dit blom in Desember, net reg vir kerstyd.
In rypstreke moet gewag word tot al die gevaar van ryp verby is voor die plant teruggesny word.  Begin groeipunte van lote uitknyp sodra hulle twee pare blare ontwikkel.  Dit sorg vir ‘n bosserige blomryke plant.
Fuchsias hou nie van volson nie.  Hulle verkies gedeeltelike skadu of dan slegs ‘n bietjie son in die oggend.
As jy fuchsias in potte plant is dit ‘n goeie idee om hul weekliks met ‘n “liquid fertiliser” te voed.  Die potgrond moet nooit uitdroog nie en hou verkieslik die plante beskut teen sterk wind.