Thursday 14 July 2011

Winter verf planne

Winter sonskyn dae is ideaal om die verf werk bietjie reg te ruk vir die komende lente en somer.  Kyk net hoe mooi lyk hierdie tuin meubels met 'n nuwe lagie verf. 

Kyk ook met nuwe oë na jou tuin muur.  Hoe lyk hy van die  pad se kant af?  Afgeleef met verf wat amper nie meer bestaan nie?  'n Lagie mooi verf op jou tuinmuur, maak 'n groot verskil.  Jou huis gaan sommer pragtig lyk van die straat se kant en hou in gedagte dat jy die hele familie kan betrek om jou te help om die tuin muur te verf, want daar is geen ekstra lang lere nodig om by te kom nie.  Self kleinsus kan help.

Dis die ideale naweek projek, wat 'n groot verskil kan maak.