Thursday 14 July 2011

SPYSKAART EN RESEPTE WEEK 10

SPYSKAART WEEK 10
MAANDAG                Skelvis-en-spinasiegebak
DINSDAG                  Frikkadelle toegedraai in kool
WOENSDAG             Biltong Frittata
DONDERDAG            Smooth vegetable soup with bacon and feta cheese
VRYDAG                   Coq au vin in 'n uur (Hoender in Rooiwyn)

MAANDAG - Skelvis-en-spinasiegebak
Genoeg vir: 4-6

• 375 ml melk
• 400 g bevrore skelvis
• 250 g macaroni, gaar en gedreineer
• 500 g bevrore spinasie, ontdooi, goed gedreineer
• 50 g botter
• 45 ml meel
• 125 ml beleë cheddar, gerasper
• sout, varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat

Posjeer die skelvis in die melk tot gaar. Dreineer die vis, maar behou die melk vir die sous.

Vlok die skelvis en roer dit saam met die spinasie by die pasta.

Smelt die botter in 'n kastrol en roer die meel by. Voeg die melk by en laat dit kook terwyl jy heeltyd roer. Haal die kastrol van die plaat af en roer die helfte van die kaas by. Geur dit na smaak met sout, swartpeper en neutmuskaat. Gooi die sous by die pasta en roer deur. Skep die mengsel in 'n gesmeerde oondbak en strooi die oorblywende kaas oor. Bak dit vir 30 minute teen 180 °C en sit voor met 'n slaai.

DINSDAG - Frikkadelle toegedraai in kool
(6 porsies)

•500 g beesmaalvleis
•500 g varkmaalvleis
•250 ml sagte broodkrummels
•10 ml fyn koljander
•1 ml fyn naeltjies
•1 ml fyn neut
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
•25 ml asyn
•6 groot vars koolblare

Verhit jou oond tot 150 °C.

Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng. Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant.

Plaas koolblare in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare.

Plaas ’n frikkadel in die middel van ’n koolblaar en maak soos ’n pakkie toe. Plaas frikkadelle in ’n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie. Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook. Haal uit en skep frikkadelle op ’n opdienbord.

Sit voor saam met:  Tuisgemaakte tamatiesous en kapokaartappels


WOENSDAG - BILTONG FRITTATA

10 ml Margarien
1 klein uitjie
halwe klein soetrissie ontpir en in blokkies gesny
4 groot eiers
30 ml laevetmelk
50g biltong in baie dun skyfies gesny
50g fetakaas gekrummel
vars pietersielie

Smelt margarien in pan en roerbraai di ui en soetrissie tot deurskynend. Klits eiers en melk tot net gemeng en giet oor die uie en soetrissie. Vou die kante van die eiermengsel stadig met 'n spaan na die middel totdat die mengsel begin stol en strooi dan die biltong fetakaas en gekapte pietersielie bo oor. Plaas die frittata vir 'n paar min onder die rooster element totdat dit mooi verbuin het en heeltemal gestol het. (Indien jy dit ni in die oond wil plaas ni kan jy dit van die hitte verwyder en vir 'n paar min bedek met 'n deksel of foelie totdat die bokant gestol is.

DONDERDAG - Smooth vegetable soup with bacon and feta cheese

Ingredients

1 onion, roughly chopped
2 leeks, roughly chopped
2 celery spears, roughly chopped
2 garlic cloves, roughly chopped
5 large carrots, peeled and chopped
3 potatoes, peeled and chopped
1 butternut, peeled, seeds removed and chopped
1 bay leaf
½ tsp nutmeg
½ tsp cloves
1 tsp paprika
1.5 l vegetable stock
salt & pepper to taste
bacon, fried till crispy, to serve
crumbled feta, to serve

Method

In a large pot, heat some olive oil and fry the onions, leeks and celery until soft and transparent.
Add the garlic and fry for another minute.
Add all the vegetables and flavourings and allow to sauté for 5-10 minutes.
Add the stock and reduce the heat.
Cover the pot and allow to simmer gently for 30-45 minutes.
When the vegetables are thoroughly cooked, remove the pot from the heat and blend the soup.
I use my handheld blender for this but you can also use a blender or food processor.
Season the soup to taste and serve with the bacon and feta sprinkled over.

VRYDAG - Coq au vin in 'n uur (Hoender)
(4 - 6 porsies)

 “Coq au vin” is die Franse term vir hoender in rooiwyn gekook. Gewoonlik marineer jy die hoender oornag in rooiwyn, maar omdat die hoender reeds gaar is, trek die rooiwyn heerlik in die vleis in.


•1 gaar hoender
•15 ml olyfolie
•10 ml botter
•250 g repies spek, in blokkies gesny
•sowat 10 salotte*
•2 knoffelhuisies, fyngedruk
•500 ml rooiwyn
•250 g wit sampioene
•1 lourierblaar
•sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die hoender in porsies. Verhit die botter en olyfolie in ’n oondkastrol. Braai die spek en salotte tot bruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog sowat 3 minute. Sit die hoender en die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat stadig prut in ’n warm oond teen 180 °C vir 45 minute.

Sit voor saam met:  Vars Franse brood.