Friday 15 July 2011

VRUGTEPONS
















1 blikkie lemoen minute maid (NIE aangemaak nie)
1 blikkie elk perskes, pere, guavas, pynappel, grenadilla
1 papaja
4 piesangs
1 bottel soetwyn
1.2 bottel Oros (NIE aangemaak nie)
1 bottel sprite of lemonade
1 bottel sodawater

Verpulp al die vrugte met sap en al, maar verwyder eers grenadilla en guava pitte, voeg pitte weer by pulp.

Meng pulp met minute maid, oros en wyn. Verkoel tot yskoud. Net voor opdiening, gooi sprite en soda by. As jy soeter verkies, gebruik twee sprite pleks van sodawater. Dien op met ysblokkies waarin stukkies aarbei of kersies gevries is. Ek gooi gewoonlik ook vars piesangskyfies in wat bo dryf.

Kiti de Jager se resep – dit is 'n wenner, maar bietjie duur, so net vir spesiale geleenthede word dit gemaak, aangesien daar so min alkohol in is, kan tot die kinders daarvan drink