Wednesday, 27 July 2011
SUURLEMOENBIER
800gr suiker
3 eetlepels kremetart
1 L kookwater
1 koekkie saamgeperste suurdeeg, verkrummel OF 10gr aktiewe droe suurdeeg
1 L koue water
gerasperde skil en sap van drie suurlemoene deeg.
1. Voeg die suiker by die kookwater en roer todat die suiker opgelos het.
2. Voeg die koue water, suurlemoenskil en -sap, kremetar en suurdeeg by en meng alles goed.
3. Gooi dit in bottels. Laat dit 3 uur lank by kamertemperatuur staan en verkoel dit dan in die yskas
Resep deur Lydia