SUURLEMOEN YSTEE
Maak 5 liter
5 L Kookwater
20 rooibos teesakkies
200 – 300 ml bruinsuiker
225 ml suurlemoensap
Laat trek teesakkies in die kookwater tot dit sterk is. Dreineer en roer die suiker by. Laat dit afkoel en roer die suurlemoensap by. Verkoel tot benodig.