Friday, 29 July 2011

SPEKVLEISTERTJIES


















Vulsel:
250g spekvleis, gesnipper
125ml kaas, gerasper

Kors:
750ml Koekmeelblom
1ml Sout
1ml Rooipeper
250g Margarien
1 eier (geskei)
50ml Yswater
7ml Suurlemoensap
2ml Kremetart

Meng spekvleis en kaas.
Sif droë bestanddele saam.
Rasper margarine daarin en meng goed.
Klits eiergele, water, suurlemoensap en kremetart goed saam.
Maak aan tot deeg wat maklik uitrol.
Plaas vir 15min in koelkas.
Rol deeg dun uit, en druk sirkels uit.
Plaas bietjie spekvleismengsel op helfte van sirkels.
Smeer rande met eierwit.
Plaas sirkel bo-op elkeen en verseel rande.
Plaas op gesmeerde bakplaat, smeer met eierwit en bak in voorverhitte oond van 220°C vir 15min of tot ligbruin en gaar