Sunday 3 July 2011

Rokkie vir 'n dogtertjie






















Groottes
Pas vir ouderdom 0-3(3-6;6-9;9-12;12-18) maande
Werklike mates 49(52;53;56;57) cm
Lengte tot by skouer 39(41;43;46;48) cm
Jy benodig
  • 3(3;4;4;4) 50 g-bolle Rowan Fine Milk Cotton in Barley Sugar kleur no. 481
  • oorskiet-vierdraadbreidraad in wit, geel, pienk en groen vir die borduurwerk
  • 2,75 mm-breipenne
  • 2 mm-hekelpen
  • breispeld
  • 3 knopies
Let wel Die breidraad wat vir dié rokkie gebruik is, is ingevoer en is 'n standaard-katoenbreidraad van vierdraad-dikte.

Let wel Aanwysings word vir die kleinste grootte gegee, met die groter groottes tussen hakies ( ). Waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

Spanning
30 ste en 38 rye = 10 cm oor ks met 2,75 mm-penne.

Agterpant
Stel 100(106;110;118;122) ste op met 2,75 mm-breipenne. Beg met 'n r ry, brei in ks en vorm syrande deur 1 st aan weersk in 11e(11e;9e;9e;7e) ry en elke vlg 6e ry te vermin tot daar 74(78;80;84;86) ste op die penne oorbly. Brei 7 rye reguit oor dié ste, eindig met 'n VK-ry.

Vlg ry - gaatjiesry (RK): r4(6;2;4;5), dv, r2 tes, * r3, dv, r2 tes, her van * tot by laaste 3(5;1;3;4) ste, r3(5;1;3;4). Brei reguit in ks oor dié ste verder tot die agterpant 27(29;30;33;34) cm lank is, eindig met 'n VK-ry.

Vorm armsgate
Heg 3 ste af aan die beg van die vlg 2 rye [68(72;74;78;80) ste]. **

Verdeel vir opening agter
Vlg ry (RK): r2 tes, r30(32;33;35;36) ste, draai en laat oorblywende ste op 'n breispeld. Brei elke kant van die nek afsonderlik.
Vlg ry (VK): stel 4 ste op, aw tot by laaste 2 ste, aw2 tes [34(36;37;39; 40) ste].
Vlg ry: r2 tes, r tot einde [33(35;36;38; 39) ste].
Vlg ry: r4, aw tot einde. Die laaste 2 rye bepaal die ste by die rand van die opening agter (4 ste in rek met al die ander ste in ks).
Brei nou so verder en vermin 1 st aan armsgatrand in vlg en vlg 0(2;2;3;3) alt rye [32(32;33;34;35) ste]. Brei reguit oor dié ste verder tot armsgat 10(10;11;11;12) cm lank is, eindig met 'n RK-ry.

Vorm nek agter en skouer
Heg 18(19;19;19;19) ste af aan die beg van vlg ry, heg 5(5;5;6;6) ste af aan die beg van vlg ry, dan 3 ste aan die beg van vlg ry [6(5;6;6;7) ste]. Heg dié oorblywende 6(5;6;6;7) ste af. Merk die posisie van 3 knopies aan die rand van die opening regs agter. Die boonste knoop moet 1 cm onderkant die nekvorming wees en die oorblywende 2 knope ewe ver van mekaar tussen die boonste knoop en die onderkant van die opening agter.
Met die RK na voor, las die breidraad aan die oorblywende ste op die breispeld, r tot by laaste 2 ste, r2 tes.
Vlg ry (VK): aw2 tes, aw tot by laaste 4 ste, r4.
Vlg ry: r tot by laaste 2 ste, r2 tes [33(35;36;38;39)] ste. Dié 2 rye bepaal die ste - rand van opening agter 4 ste in rek met al die ander ste in ks.
Voltooi soos eerste kant, maar keer alle vormings om en maak 3 knoopsgate wat met die merkers ooreenstem, soos volg:
Knoopsgatry (RK): r1, r2 tes, dv, r tot einde.
Voorpant
Brei soos agterpant tot by **.
Vermin 1 st aan weersk in vlg 3 rye, dan in vlg 1(3;3;4;4) alt rye [60(60;62;64;66) ste]. Brei reguit oor dié ste verder tot 14(16;16;16;18) rye minder as by agterpant tot by beg van skouervorming gebrei is, eindig met 'n VK-ry.

Vorm nek
Vlg ry (RK): r19(19;20;21;23) ste, draai en laat oorblywende ste op 'n breispeld. Brei elke kant van die nek afsonderlik. Vermin 1 st aan nekrand in vlg 6 rye, dan in vlg 2(3;3;3;4) alt rye [11(10;11;12;13) ste]. Brei 3 rye, eindig met 'n VK-ry.

Vorm skouer Heg 5(5;5;6;6) ste af aan die beg van die vlg ry [6(5;6;6;7) ste]. Brei 1 ry. Heg die oorblywende 6(5;6;6;7) ste af.

Vorm ander kant van nek en skouer Met die RK na voor, las breidraad aan oorblywende ste, heg middelste 22(22;22;22;20) ste af, r tot einde. Voltooi soos eerste kant, maar keer alle vormings om.

Afwerking
Pars volgens aanwysings op etiket. Werk albei skouernate toe. Werk die opstelrand aan die onderkant van die rand van die opening regs agter vas agter die rand van die opening links agter. Werk die synate toe.

Soom-afwerking
Met dieVKnavooren2mm- hekelpen, las die breidraad aan die onderkant van een synaat, hekel 1 ks (dit tel nie as 'n st nie), hekel 1 rdte kb egalig rondom aan die opstelrand - hekel 'n gelyke aantal kb - en eindig die rdte met 'n gls in eerste kb wat gehekel is, draai.

1 gls in eerste kb, *2ks,3lbinvlgkb,2ks,1glsinvlg kb; her van * tot einde, hekel gls aan einde van laaste her in dieselfde plek as gls aan beg van rdte. Heg af.

Armsgat-afwerking (albei dieselfde)
Brei soos vir soomrand; las die breidraad aan die bokant van die synaat.

Nek-afwerking
Met dieVKnavooren2mm-hekelpen, las die breidraad aan die bokant van die rand van die opening regs agter, hekel 1 ks (dit tel nie as 'n st nie), hekel 1 rdte kb rondom aan die opstelrand - maak seker 'n ongelyke aantal kb word gehekel - en draai.
Vlg ry (RK): 1 gls in eerste kb, * 2 ks, 3 lb in vlg kb, 2 ks, 1 gls in vlg kb; her van * tot einde. Heg af.

Band
Hekel 3 ks met 2 mm-hekelpen.
1e ry: 1 kb in 2e ks van pen, 1 kb in vlg ks, draai [2 ste].
2e ry: 1 ks (dit tel nie as 'n st nie), 1 kb in vlg 2 ste, draai. Her die laaste ry totdat die band 81(84;87;91;94) cm lank is. Heg af. Ryg die band volgens die foto deur die gaatjiesry en knoop die punte in 'n strik in middelvoor.

Borduurwerk
Borduur die blomontwerp volgens die foto rondom aan die soomrand en nekrand voor. Gebruik die wit breidraad vir die blomme en werk 5 kettingsteke om 'n madeliefie te vorm, met elke kettingsteek wat vanuit een punt versprei. Werk met die pienk breidraad 'n Franse knopie in die middel van elke blom. Borduur met die geel breidraad boeljon-knope tussen elke blom.
Werk vir die tweede ry borduur- werk bokant elke blom aan die soomrand 'n boeljon-knoop met geel breidraad. Voltooi die geborduurde rand deur met die groen breidraad 'n boeljon-knoop met 'n groot kruis- steek wat oor die knoop lê, te werk.
Werk al die borduurdrade agterna weg.



(Patroon uit 'n Idees Tydskrif)