Friday 15 July 2011

Peermuffins met brandewyn en sjokolade























Maak 24 muffins of 12 groot muffins

12 gedroogde pere, gesnipper
125 ml (½ k) brandewyn
3 eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
187 ml (¾ k) olie
187 ml (¾ k) melk
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
125 ml (½ k) kakao
5 ml (1 t) fyn kaneel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
125 ml (½ k) hawersemels (oat bran)
250 ml (1 k) sjokoladesplinters (chocolate drops)

BOLAAG 50 g (½ pakkie) pekanneute, grof gekap
75 ml (5 e) sagte bruinsuiker

Stel oond op 180°C.
1  Verhit pere en brandewyn in kastrol tot warm.
2  Plaas kastrol se deksel op en verwyder van hitte. Laat eenkant sodat pere brandewyn kan absorbeer.
3  Klits eiers en strooisuiker tot liggeel. Klits olie, melk en vanielje by. 
4  Sif meel, kakao, kaneel, bakpoeier en sout. Roer peermengsel, eiermengsel, hawersemels en sjokoladesplinters by.
5  Skep beslag in muffinpapiertjies wat in muffinpannetjies geplaas is ¾ vol. 
6  Bolaag Spinkel pekanneunte en bruinsuiker bo-oor.
7  Bak vir 22 min. of tot toetspen skoon uitkom