Thursday 28 July 2011

Maak jou eie hekel-mosaïekkombers
























Raak op dié manier van alle oorskietwol ontslae. Gebruik verskillende teksture soos katoen en bamboesdrade (van Thimbles, Quilt & Knit) saam met jou oorskietwol.

Grootte

1 gehekelde blommetjie = sowat 5cm
Besluit self hoe groot die kombers gaan wees.

Benodigdhede

Oorskiet-dubbelbreidraad (jy benodig 3 kleure vir elke blommetjie). Ons het selfs oorskiet-tapisseriewol gebruik. 4mm-hekelpen

Spanning

1 gehekelde blom = sowat 5 x 5 cm met dubbeldraad en 'n4mm-hekelpen

Hekel-afkortings

beg - begin
dr - draai
gs - glipsteek
her - herhaal
ks - kettingsteek
lb - langbeen
ls - lus
rdte - rondte
sp(s) - spasie(s)
vlg - volgende

Hekel Só:

1ste rdte: Beg met 5 ks en las met gs om 'n sirkel te vorm.

2e rdte: 3 ks (= deurgaans 1e lb), 11 lb in ring, las met gs aan 1e 3 ks (= 12 lb).

3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 2 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb.

4e rdte: Neem vlg kleur en hekel 7 lb in elk van die 6 ks-sps. Las met gs aan 1e lb.

Afwerking

Werk die blommetjies aan mekaar vas.


Hekelles: Langbeen






Begin deur 'n paar ks te hekel en dr; om die lb te hekel slaan ekeldraad om pen, steek pen deur 4e ks vanaf pen, slaan hekeldraadweer om en trek deur 2 lusse;
Slaan weer draad om pen en trek deur albei lusse op pen;
Voltooide lb.


Patroon is van ‘n fb vriendin ontvang SARIE Julie 2010