Wednesday, 27 July 2011

LEMOEN SPONSKOEK






















2 eiers
10 ml gerasperde lemoenskil
62,5 ml melk
62,5 ml lemoensap
425 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
200 ml suiker
1 ml sout
125 ml botter of margarien

Voorverhit oond tot 180ºC. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met 'n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met 'n elektriese klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.

Lemoenversiersuiker:
50 ml margarien
5 ml gerasperde lemoenskil
25 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
Versiersuiker
Knypie sout

Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.


(Resep kom uit 'n kookboek van my ma)