Monday 4 July 2011

Jantjies (worsie op ‘n stokkie)






Hierdie is baie gewild by die kinders.  Verkoop lekker by die skool se markdag.


1. Sif 500ml bruismeel en 2ml sout.
2. Klits 2 groot eiers en 60 ml suiker tot lig.
3. Klits 30 ml olie by, dan 250ml melk en 125ml water.
4. Laat staan 30 min.
5. Druk worsies op lang sosatiestokkies, doop in beslag en braai in diep olie tot goudbruin.

WENK:

1.    Groot geheim met Jantjies,is om die worsies kurkdroog af te droog, anders val die deeg af as jy dit braai. 
2.    Rol hulle eers in droeëmeel  voordat dit in deeg gedoop word anders gly beslag af.