Monday 4 July 2011

Bird feeder - In styl

As jy nou ietsie ouliks wil maak vir jou tuin wat beslis aandag gaan trek, is die koppie en piering voëltjie kos en water bak, 'n oulike idee.  'n Ou koppie en piering is hier gebruik vir die voëltjies van die tuin.  Die koppie kry water in en die piering is vir die saadjies.  Jy kan dit maklik aanmekaar sit met "no more nails", maak net seker die stokkie waarop jy dit monteer is stewig en bied genoeg ondersteuning vir die piering.  Sal pragtig lyk in 'n lente tuin so hier en daar tussen die blomme.