Thursday 14 July 2011

GRANAAT-JELLIE





















(6 klein glasies)

•15 ml gelatien
•500 ml bosbessiesap (cranberry) teen kamertemperatuur
•160 g granaatpitte
•500 ml vanieljejogurt
•15 ml gelatien
•nog granaatpitte om bo-op te strooi

Hierdie is een van die maklikste metodes. Gooi 15 ml gelatien in ’n bakkie. Gooi so 2-3 eetlepels koue water oor en meng. Plaas dié bakkie oor ’n bakkie met kookwater. Die gelatien sal nou smelt.

Voeg die granaatpitte by die sap. Voeg die gesmelte gelatien by die sap en verdeel in jou glase tot halfvol. Laat die mengsel eers in die yskas stol. Herhaal dieselfde proses met die ander 15 ml gelatien soos hierbo beskryf.

Voeg die gelatien by die vanieljejogurt. Vul die glase met dié mengsel en laat in die yskas stol.

Die proses duur sowat 3 uur. Sprinkel nog granaatpitte oor net voor jy dit voorsit.

WENK:   As jy nie granaatpitte in die hande kry nie, kan jy dit vervang met aarbeie wat jy in klein stukkies sny. Jy kan ook die bosbessiesap met aarbeisap vervang.