Thursday 14 July 2011

EEND MET ‘N GRANAATSOUS


















Marilou Marais, sjef by die Oude Libertas Sentrum in Stellenbosch

(Bedien 4)



4 eendborsies
sout en swartpeper
suurlemoensap, na smaak
gemengde kruie en slaaiblare
1 rooi ui, gekap
feta
vars granaat



Maak diamantvormige skywe aan die velkant van die borsie. Braai die eend in 'n bietjie olyfolie, vetkant eerste. Draai om en geur met sout en peper. Voeg suurlemoen by en sit op 'n bakplaat. Bak 3 – 5 minute in die oond by 180?C. Bedien medium rou.

SOUS

Maak ‘n granaatsous vir die eend: Druk die granaatpitte en stroop uit en meng met balsemiekasyn, kaneel, naeltjie- en neutpoeier, suurlemoensap en heuning. Bedruip die eend daarmee.

WENK:  As dit buite granaatseisoen, kies enige bessies, maar proe vir surigheid en maak soeter met die heuning indien nodig.