Sunday 3 July 2011

FUDGE


















Maak fudge wat nie kan flop nie

Maak ongeveer 36 blokkies

125ml botter
15ml gouestroop
30ml melk
750ml strooisuiker
1 blik kondensmelk
15ml water
5ml vanieljegeursel
‘n knippie kremetart

Smelt die botter, stroop, melk en water saam in ‘n swaarboomkastrol

Haal die kastrol van die plaat af en voeg die suiker by.  Sit weer op die plaat en verhit tot kookpunt.  Kook vir vyf minute en roer die heeltyd.

Haal van die plaat af en laat vir ‘n minuut afkoel.  Gooi die kondensmelk in ‘n dun straaltjie by en hou aan met roer.

Sit weer op die plaat en kook vir 15 minute oor ‘n lae hitte.  Roer die heeltyd om te keer dat dit vasbrand.

Die mengsel is gereed wanneer dit ‘n goudbruin kleur het en die hardebal-stadium bereik het.  Drup ‘n klein bietjie van die mengsel in ‘n bak met koue water.  Dit moet ‘n ferm balletjie vorm.  Roer nou die vanieljegeursel en kremetart by.

Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde en gevoerde 20 x 20 cm=pan en laat dit staan tot dit begin stol.  Sny dit in blokkies.  Laat dit heeltemal stol voor jy dit uit die pan haal.  Bêre in ‘n lugdigte houer.