Tuesday 5 July 2011

DRIE-SITRUS MARMELADE























2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
1,5 - 2 liter water
Wit suiker

Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie en bind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die wit gedeeltes.

Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500 ml water vir elke 250 ml pulpmengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte.

Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250 ml pulp.

Giet alles - ook skilsakkie - in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie.

Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie, is dit reg. 

Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is.

Lewer sowat 2 liter marmelade.

WENK:  1 Gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders!