Thursday 9 June 2011

Tamatiebredie
























(4 - 6 porsies)
Benodighede
1 200 g ryp, vars tamaties
500 g lamsribbetjie, van die been gesny
700 g kort lamskenkels
meel om die vleis te bedek
sowat 50 ml sonneblomolie
6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
2 ml fyn gemmer
3 kardemomsade
5 ml koljandersaad
6 heel peperkorrels
7 ml vinkelsaad
7 ml droë tiemie
3 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml blatjang
150 ml witwyn

Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 - 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.