Thursday 9 June 2011

Roosmaryn - Rosmarinus officinalis























Daar is vandag ’n magdom hibriede van dié mooi immergroen struik. Die blare is naaldagtig en in die lente tot somer dra die plant trossies persblou blomme. Roosmaryn bly onmisbaar as jy ’n sappige skaapboud in die oond wil gaarmaak.

Kweekwenke

Goeie dreinering en genoeg sonlig is noodsaaklik.

Die plante is gehard, het nie baie water nodig nie en lewe lank. Koop een, of maak jou eie semi-hardehoutsteggies en plant dit van September tot Maart.

Snoei die plant om vorm te behou en groei aan te moedig, maar nie terwyl dit in volle blom is nie.

Oeswenke en gebruike

Roosmaryn kan heeljaar geoes word.

Stroop die blare af en gebruik die takkies as sosatiestokkies, of span ’n bossie
takkies in as kwas om vleis te bedruip terwyl jy braai.

Takkies wat in die braaivleisvuur gegooi word, sorg vir ’n aangename geur en hou terselfdertyd insekte weg.

(Kyk onder resepte vir:  Geurige geroosterde hoender)

Shakespeare het gesê roosmaryn is vir onthou.