Monday 27 June 2011

Sitroengras - Cymbopogon citratus





















Sitroengras is ’n slanke meerjarige tropiese grassoort wat gereeld in die Thaise kookkuns gebruik word.

Kweekwenke
• Plant dit in ’n sonnige kol in goed gedreineerde grond en gee gereeld water.
• Dit kan in groot potte geplant word en moet gereeld vloeibare kunsmis kry.
• Koop ’n plantjie of breek ’n knol af as jy iemand ken wat dit in die tuin het.
• Beskerm sitroengras teen ryp.

Oeswenke en gebruike
• Hoe meer plante jy het, hoe meer gereeld kan jy oes. Sny die stingels op grondvlak af as jy dit wil gebruik.
• Gebruik die binneste gedeelte van die stingel, goed gekneus om die geur te help vrystel, in enige resep wat vra vir suurlemoengeur.
• Dis ’n belangrike bestanddeel van kerriepasta en kan in kerries, roerbraai, sop en nageregte gebruik word, óf om ’n kalmerende tee of drankie te maak.

(Kyk onder resepte vir ‘n Thaise groenkerriesmeer)