Wednesday 8 June 2011

Roosmalva - Pelargonium graveolens






















Dié lekkerruikstruik met sy mooi pienk blomme is ideaal vir beddings, houers en selfs hangmandjies. Die roosmalva het ook heelwat gebruike in die kombuis.

Kweekwenke

Die plant verkies volson, maar kan in halfskadu groei.

Die tuin- of potgrond moet vrugbaar wees en goed dreineer, want malvas haat nat voete.

Maak in die somer steggies en druk dit in nat, sanderige grond sodat die wortels kan vorm.
Plant dit minstens 90 cm uitmekaar, want dit groei vinnig.

Oeswenke en gebruike

Pluk die blare net voor gebruik vir die beste geur.

Gebruik die blare (heel of gekap) om geregte soos vla, skons, konfyt , jellie of tuisgemaakte drankies te geur.

Die blare se roosgeur werk goed saam met geregte wat vanielje of gemmer bevat. Die  blomme is ook eetbaar – gebruik dit in slaai en versier koeke daarmee.

Kyk onder resepte vir versuikerde malvablare

Een soort plant, soos malvas, lyk besonder treffend in ’n paar potte teen die muur.
– Mabel Steenkamp, tuinskrywer