Tuesday 7 June 2011

Origanum - Origanum vulgare























As jy lief is vir Italiaanse geregte soos pasta en pizza, kan jy nie
sonder origanum nie. Dié krui groei ook dolgelukkig in potte.

Kweekwenke
• Die plante groei kompak, maar rankend en sonder enige nukke. Maak steggies in die lente, of saai saad.
• Die grond moet goed dreineer en die plante moet gereeld water kry.
• Die plant word sowat 30 cm hoog en versprei vinnig deur middel van lopers wat wortel skiet. Snoei gereeld om dit in toom te hou.
• In droë dele is dit ’n grondbedekker wat  onkruid onderdruk.

Oeswenke en gebruike
• Gooi die stingels weg en kap net die blare fyn. Roer dit die laaste paar minute van die gaarmaaktyd by kos.
• Meng gekapte origanum, knoffel en ’n skootjie suurlemoensap deur sagte botter. Smeer die botter oor groot bruin sampioene, sit ’n skyf mozzarella op elk en rooster in die oond tot dit borrel. Sit voor saam met gebraaide spinasie op roosterbrood.

WEET JY? Origanum vulgare staan ook as wildemarjolein bekend


Kyk onder resepte vir hierdie lekker resep:  Vinnige tamatiesous vir tuisgemaakte pizzas