Thursday 9 June 2011

Onthou die voëltjies hierdie winter

Wintertyd is kos maar skaars vir die wilde voëltjies.  Maak jou tuin 'n plekkie wat hul graag besoek en weet daar is ietsie om te eet.

Neem 'n dennebol en maak 'n lint of stukkie tou aan die bo punt van dit vas sodat dit aan 'n boom tak in jou tuin opgehang kan word.  Smeer  nou die dennebol vol "peanutbutter" (enige soort wat jy in die huis het sal doen).  Rol dan die dennebol in voëltjiesaad en hang dit in jou tuin.

Daar sal sommer tonne nuwe tuinvriendjies kom kuier vir hierdie lekkerny.