Friday 3 June 2011

Lourier - Laurus nobilis





















Dié immergroen boom groei baie stadig en word sowat 3-4 m hoog (en sprei 2 m wyd). Die blare het ’n kenmerkende aroma en ’n skerp, effe bitter smaak.

Kweekwenke
• Plant die boom in vrugbare grond waarby baie kompos en goed verrotte kraalmis ingespit is.
• Grond moet goed dreineer en terselfdertyd nooit heeltemal uitdroog nie.
• Plant in ’n sonnige, redelik beskutte plek in halfson of halfskadu.
• Dit is ’n goeie plant vir groot houers en dit kan in dekoratiewe vorms gesnoei word.

Oeswenke en gebruike
• Lourierblare kan enige tyd geoes word.
• Was blare goed voor gebruik en wees op die uitkyk vir dopluise. Dit lyk soos wit en bruin “doppies” aan die onderkant van die blare. Vra by jou kwekery vir die beste spuitstof.
• Gebruik die blare in stowegeregte, sop, souse, aftreksel en piekels.

WEET JY?
Lourier is ’n natuurlike insekweerder. In China word rys tussen lourierblare verpak om kalanders uit te hou.

(Kyk onder resepte hoe om jou eie bouguet te maak)