Thursday 2 June 2011

Kerrieblaarboom - Murraya koenigii




















Kweekwenke
Plant die boom in volson, hoewel dit ook in halfskadu sal groei.
• Koop ’n gevestigde boompie as jy kan, want steggies skiet moeilik wortel.
• Maak weekliks goed nat en bemes dit elke 6 weke met algemene bemesting soos erdwurmtee.

Oeswenke en gebruike
Die blare kan heeljaar geoes word. Pluk takkies en stroop blare af soos jy dit nodig kry.
• Dit word in Oosterse kookkuns – veral Suid- en Sentraal-Indiese geregte – gebruik en gee ’n
heerlike geur aan kerriekos.
• Die blare kan gedroog word, maar dit sal binne 1 tot 2 maande hul geur verloor – moet
dit dus nie te lank bêre nie.

Kerrieblare het ’n kenmerkende kerrieen suurlemoengeur en word dikwels in masala gebruik.

Kyk onder resepte vir 'n speseryhoender

’n Kerrieblaarboom in die agterplaas is menige kok se geheim vir daardie perfekte kerrie. Die boom word sowat 2 m hoog, maar dit groei stadig en kan in ’n pot geplant word.